‘n Oud-olimpiër én vermeende dwelmbaas is in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Na ‘n jarelange soektog is die voormalige Kanadese Olimpiese sneeuplankryer en vermeende dwelmbaas, Ryan Wedding, in hegtenis geneem.
Wedding, wat op die FBI se lys van die tien mees gesoekte voortvlugtiges was, word daarvan beskuldig dat hy ‘n transnasionale dwelmsmokkelary-operasie bestuur het wat tonne kokaïen oor internasionale grense vervoer het.
Hy is ook gesoek op aanklagte van moord.
Die BBC berig dat Amerikaanse amptenare glo dat Wedding in Mexiko onder die beskerming van die Sinaloa-dwelmkartel gewoon het.







Comments