'n Oud-onderwyser van Bloemfontein gaan nie oor skoolmeisies se eksplisiete foto’s vervolg word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 3
- 1 min read
'n Gewese onderwyser van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein wat na bewering twee skoolmeisies vir seksueel eksplisiete foto’s betaal het, gaan nie vervolg word nie.
Dit is deur die direkteur van openbare vervolgings (DOV) in die Vrystaat beslis nadat die onderwyser vroeër vertoë gerig het.
Netwerk24 berig die onderwyser se verhoor is van die hofrol verwyder nadat geen opdrag van die DOV oor dié vertoë verkry is nie. Daar was ook glo geen redes op die dossier aangedui nie.
Die man mag nie geïdentifiseer word alvorens hy gepleit het nie. Hy is vroeër op borgtog van R500 vrygelaat.
Hy staan tereg op aanklagte van seksuele gereedmaking, ontbloting, seksuele uitbuiting en die besit van kinderpornografie tussen Julie en Oktober 2023.
Vroeër is berig die Hoërskool Sentraal het dadelik teen die onderwyser opgetree toe bewerings aan die lig gekom het, en hy het bedank kort nadat die skoolhoof, Charles Liversage, hom gekonfronteer en geskors het.
Navrae aan die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Mojalefa Senokoatsane, is nog nie beantwoord nie.





Comments