'n Oud-Oranje-meisie wen met haar alternatiewe musiek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 20
- 1 min read
Die oud-Bloemfonteinse musikant en kunstenaar Magé Troskie is in Stellenbosch as Taalgenoot se Ruk en Rym-wenner aangewys. Die finale ronde het deel gevorm van vanjaar se Woordfees.
Maroela Media berig Magé – wat as "Vir Nou Net Magé" bekend staan – het ʼn paar jaar gelede aandag getrek toe ʼn video van ʼn toespraak wat sy in haar matriekjaar gelewer het, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.
Magé was hoofmeisie van die Sekondêre Meisieskool Oranje, en het in die video die graad 8-leerders toegespreek met woorde wat vandag bekend is as gevolg van dié toespraak: “Lig jou ken en ken jou lig.”
Sy het vroeër vandeesweek weer ʼn draai in Bloemfontein gemaak om met die matrikulante te gesels – die einste graad 8-groep wat sy in haar matriekjaar toegespreek het.
Sy geniet die alternatiewe musiekwêreld terdeë en sê dit bied jou die geleentheid om werklik te skryf wat binne aangaan.






Comments