top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Oud-Sannie verongeluk vier dae voor sy verjaardag

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9
1 min read

'n Oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis in die stad het vier dae voor sy 37ste verjaardag verongeluk.


Netwerk24 berig Jean-Paul Coetzee, wat verkoopsbestuurder by Drizit Environmental se Bloemfontein-tak was, is op die N1 in die Ventersburg-omgewing vanaf Johannesburg na Bloemfontein dood.


Volgens sy ma, Carol Coetzee, het Jean-Paul se werksbakkie het die pad verlaat en ’n boom getref. Hy sou Saterdag verjaar het.


Die skool het op Facebook medelye met Coetzee se geliefdes betuig. Hy het in 2010 gematrikuleer en was ’n lid van die skool se leerlingraad. Hy was ook ’n eerstespan-rugbyspeler.


Coetzee was voorheen ’n leerling van die Martie du Plessis-skool in Bloemfontein.


Jean-Paul Coetzee. FOTO: Facebook
Jean-Paul Coetzee. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page