‘n Oud-selfoontoringtegnikus sit lank vir koperkabeldiefstal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
‘n Voormalige selfoontoringtegnikus is 20 jaar direkte tronkstraf opgelê vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en die diefstal van koperkabels van MTN- en Vodacom-terreine naby Rouxville in die Vrystaat.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se streekwoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê forensiese vingerafdrukbewyse het Sello Samuel Ditshaba met die inbraak by die selfoontoring in April verlede jaar verbind.
Die aanklaer, Keith Muller, het aangevoer dat misdade wat noodsaaklike infrastruktuur teiken, dienslewering en ekonomiese aktiwiteit ontwrig.








Comments