'n Oud-Springbokbreier is vry van aantygings van seksuele aanranding
- Armando Pieters

- Aug 29
- 1 min read
Die oud-Springbokbreier Peter de Villiers, wat van seksuele aanranding beskuldig is, se aansoek om ontslag het geslaag. Dit nadat ’n vrou van Kalbaskraal buite Malmesbury beweer het hy het haar op 30 Januarie verlede jaar by haar huis seksueel aangerand.
De Villiers het skuld ontken op aanklagte van seksuele aanranding, poging om ’n seksuele misdryf te pleeg, en crimen injuria. Die vrou staan by haar bewerings.
Volgens Netwerk24 sê sy daar was geen rede vir haar om die bewerings op te maak nie.
Landdros Phakama Madinda het in haar uitspraak gesê die klaagster het eerstens geen aanvaarbare verduideliking gegee oor hoekom sy in die hof getuig het oor beserings wat nie op mediese verslag genoem word nie.
De Villiers se regsverteenwoordiger, Hennie le Roux, het in die aansoek om ontslag gesê die verslag dui net “ligte beserings” aan.





Comments