top of page

'n Oud-Vrystater is as landbouwetenskaplike van die jaar aangewys

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 18
  • 1 min read

'n Vrystater en oudstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is as Landbouskrywers SA se nasionale Landbouwetenskaplike van die Jaar aangewys.


Netwerk24 berig Hendrik Smith, oorspronklik van Rouxville en tans in Pretoria woonagtig, ontvang die prys vir sy baanbrekerswerk in regeneratiewe bewaringslandbou en sy jare lange bydrae tot grondgesondheid en volhoubare graanproduksie in Suid-Afrika. Smith se loopbaan strek oor meer as drie dekades, waarvan die meeste aan navorsing, ontwikkeling en die praktiese toepassing van bewarings- en regeneratiewe landbou in die somerreënvalstreke toegewy is.


Smith se benadering beklemtoon boere as vennote in navorsing, eerder as net eindgebruikers. Hy glo dat die grootste beloning kom wanneer boere nuwe praktyke toepas en verbeter op grond van hul eie ervarings.


Hendrik Smith. FOTO: Netwerk24
Hendrik Smith. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page