top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Oudpolisieman in Theunissen se moordenaar is ná sewe jaar gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 20, 2025
  • 1 min read

Meer as sewe jaar ná die moord op ʼn afgetrede polisiebeampte in die Vrystaate dorp Theunissen, is sy moordenaar tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Maroela Media berig die 37-jarige Jabulani Ngomane is vroeër vanjaar vir die moord op Sabata Tsoai, asook van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind. Hy is tot altesame 20 jaar vir moord en 10 jaar gevangenisstraf vir roof met verswarende omstandighede gevonnis waarvan vyf jaar gelyklopend uitgedien sal word. Tsoai se liggaam is in Mei 2018  in ‘n slaapkamer in sy huis gevind.  Streeklanddros Susan Meintjies het in haar uitspraak sterk woorde gebruik oor die brutaliteit van die misdaad en die impak op die gemeenskap, en sê dit kan nie geringgeskat word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page