top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Oudrektor van die UV is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 15
  • 1 min read

'n Oudrektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Francois Retief, is in die ouderdom van 93 jaar in Bloemfontein oorlede. Hy word geken aan aan sy merkwaardige bydrae as leier in ’n tyd van geweldige politieke veranderinge in die land.


Netwerk24 berig Retief was rektor van 1989 tot 1997 asook die stigtersdekaan van die UV se fakulteit gesondheidswetenskappe, en hoof van interne geneeskunde. Die fakulteitsgebou is na hom genoem.


Retief se seun, Jacques, sê sy pa het al etlike jare met sy gesondheid gesukkel. Demensie is sowat agt jaar gelede by hom gediagnoseer.


Die UV het in ’n verklaring aan Retief, wat die tiende rektor was, hulde gebring en medelye met sy geliefdes betuig.


Francois Retief. FOTO: Universiteit van die Vrystaat
Francois Retief. FOTO: Universiteit van die Vrystaat

 
 
 

Comments


bottom of page