'n Outa-ondersoek bring probleme met 'n studentebeursfonds aan die lig
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 29
- 1 min read
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê hul voorlopige ondersoek het groot verkrygings- en bestuurskwessies aan die lig gebring wat verband hou met ’n beursfonds.
Volgens Outa het die Versekeringsektorstudentefonds se begroting van ongeveer R20 miljoen per jaar tot meer as R442 miljoen gedurende die 2024-'25-boekjaar gestyg. Die organisasie het bevind dat die fonds tussen 2021 en 2024 intern bestuur is, met jaarlikse projekwaardes wat konsekwent wissel van R18,6 miljoen tot R20 miljoen.
Outa se Rudie Heyneke sê die toename in die fonds se begroting regverdig volle openbare ondersoek. Hy voeg by die projek se grootboek moet vrygestel word sodat ondersoekers presies kan vasstel hoe die fondse toegeken en bestee is.
LUISTER HIER:








Comments