’n Pa is vas ná die moord op sy dogters

Oct 16
1 min read
‘n Pa is in hegtenis geneem nadat hy na bewering twee van sy dogters vermoor het.
Die Ekurhuleni Metropolitaanse Polisiedepartement het Donderdag die arrestasie uitgevoer nadat die polisie inligting opgevolg het oor ’n verdagte wat na bewering slaappille by sy gesin se kos gevoeg het.
Die twee meisies, onderskeidelik een en 11 jaar oud, is Dinsdag op die toneel dood verklaar.
’n Nooddienswoordvoerder, Millicent Kekana, sê die man se vrou en nog ’n dogter het die voorval oorleef.
LUISTER HIER:
Millicent Kekana









Comments