top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Paroolganger is weer in boeie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 19
1 min read

'n Paroolganger is weer in hegtenis geneem nadat 'n gesteelde voertuig in Thaba Nchu opgespoor is.


Luidens 'n mediaverklaring van die polisie is die voertuig vroeër die maand tydens 'n gewapende rooftog by 'n winkel in Botshabelo gesteel.


Die voertuig is in 'n motorhuis by 'n woning in Thaba Nchu gevind, waar 'n 46-jarige man in hegtenis geneem is.


Volgens die polisie was hy uit op parool nadat hy in 2023 tot ses jaar tronkstraf gevonnis is.


Hy staan nou tereg op aanklagte van die besit van 'n vermoedelik gesteelde motorvoertuig, asook sakeroof en die diefstal van 'n motorvoertuig.


Die polisie is steeds op soek na die ander verdagtes.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page