‘n Passasier met handgranate kos Acsa miljoene rande
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
‘n Passasier wat uit Johannesburg op ‘n vlug van Ethiopian Airlines gevlieg het, het twee oefenhandgranate in sy bagasie gehad toe hy op die vliegtuig geklim het. Skandeerders by die O.R. Thambo-lughawe het dit nie bespeur nie. Netwerk24 berig dit was eers toe die bagasie by die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba geskandeer is, dat die items opgemerk is. Personeel het die tas onderskep en dit by Ethiopian Airlines aangemeld. Die lughawe het dit op hul beurt by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) aangemeld, wat verplig was om dit by die Burgerlugvaarowerheid (BLO) te rapporteer. Die BLO het Acsa met R2 miljoen beboet aangeisen Acsa regsaanspreeklik is dat passasiers se lewe nie in gevaar gestel word nie.






Comments