‘n Passasier se been word geamputeer na ‘n busongeluk buite Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 16, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 1, 2025
Een van die passasiers wat in die ongeluk tussen ‘n bus en ‘n trok op die N8 tussen Bloemfontein Botshabelo was, se been sal geamputeer word.
Luidens ‘n plasing op sosiale media het die ongeluk Saterdag lewens geëis.
Polelo Mahloane het vanuit sy hospitaalbed in die Pelonomi-hospitaal aan die Vrystaatse premier, Maqueen Letshoa-Matahe, gesê toe die vragmotor nader kom, het hy gewonder of die bestuurder dit kon sien.
Teen die tyd dat hy vir haar geskree het om versigtig te wees, was dit te laat.
Mahloane sê hy is gelukkig om te kon oorleef en is dankbaar dat sy lewe gered is.
Volgens die premier is die ongeluk was een van die ergstes wat sy in 'n rukkie gesien het.
Sy doen weereens 'n beroep op padgebruikers om versigtig op die paaie te wees.







Comments