top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Persoon van belang word gesoek ná ’n moord by ’n Boxer-winkel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18
1 min read

Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na ’n persoon van belang wat moontlik inligting het wat kan help met die ondersoek na ’n moord by ’n Boxer-winkel in Eshowe.


Drie werknemers is verlede naweek by die winkel doodgeskiet. Die skietery is op kringtelevisiekameras vasgelê, en die beeldmateriaal het sedertdien wyd op sosiale media versprei.


’n Voormalige werknemer, wat die winkel besoek het vir ’n interne dissiplinêre verhoor, het na bewering op die vroue losgebrand.


Die polisie doen ’n beroep op die publiek om hulle te help om Nzuzo Mthombeni op te spoor.


’n Voormalige werknemer het na bewering op die vroue losgebrand. FOTO: EWN
’n Voormalige werknemer het na bewering op die vroue losgebrand. FOTO: EWN


 
 
 

Comments


bottom of page