top of page

'n Petisie is begin teen 'n pretpark op Naval Hill

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 26
  • 1 min read

'n Petisie is van stapel gestuur teen die oprig van 'n pretpark op Naval Hill in Bloemfontein.


Netwerk24 berig die Friends of Franklin het die petisie begin, waarin formeel beswaar teen die Mangaung-metro se voorneme aangeteken word om die Franklin-natuurreservaat te verkoop of verhuur vir die ontwikkeling van ’n pretpark. Volgens die petisie is die munisipaliteit, in ooreenstemming met nasionale wetgewing, verplig om die gebied uitsluitlik vir bewaring te bestuur.


Die metro word verder versoek om skriftelik duidelikheid te verskaf oor onder watter wetlike gesag ’n beskermde gebied geadverteer mag word vir verkoop of verhuring en of ’n omgewingsimpakstudie begin, voltooi of gemagtig is, soos vereis deur die wet.


Rosestad-nuus het vroeër berig die stadsbestuurder, Sello More, het gesê gerugte dat bates soos die Tempe-lughawe verkoop word, is onwaar. Die metro probeer sy onderbenutte bates gebruik of verhuur om ekonomiese groei tot voordeel van sy inwoners te stimuleer.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page