‘n Peuselhappie vir kinders word herroep
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 16
- 1 min read
’n Peuselhappie vir jong kinders wat by Clicks verkoop is, word herroep nadat moontlike besmetting ontdek is.
Die Nasionale Verbruikerskommissie het die terugroepaksie aangekondig nadat toetse listeria in ’n spesifieke bondel van die produk 12 g Made for Tots Corn Puffs Chicken gevind het.
Altesaam 1 152 eenhede is geraak. Volgens die kommissie is 348 reeds verkoop, terwyl die res van winkelrakke verwyder is.
Verbruikers word aangeraai om nie die produk te eet nie en dit na enige Clicks Group-winkel terug te neem vir ’n terugbetaling of vervanging.
Die kommissie sê hy monitor die terugroepaksie om te verseker dat verbruikerswette nagekom word.








Comments