'n Peuter is dood nadat sy agt uur in 'n kar vasgekeer is
- Ilde Roos

- Oct 29
- 1 min read
’n Driejarige meisie is dood nadat sy glo sowat agt uur in ’n motor by n hospitaal in Polokwane, Limpopo, vasgekeer was.
Netwerk24 berig volgens die polisie het ’n dokter by die hospitaal die kind op die agtersitplek van ’n motor met toe vensters opgemerk. Die peuter is op die toneel dood verklaar, vermoedelik weens erge hitte-uitputting en ’n gebrek aan suurstof.
Die ma het glo haar kind omstreeks 07:00 in die motor gelos toe sy haar na die hospitaal vir ’n oorhandiging gehaas het, en blykbaar van haar vergeet.
Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag. ’n Patologiese ontleding sal die presiese oorsaak van dood bepaal.






Comments