‘n Picasso-skildery verdwyn spoorloos
- Nadia Pieters
- 1 day ago
- 1 min read
Die polisie in Spanje stel ondersoek in ná ’n Pablo Picasso-skildery spoorloos verdwyn het.
Dit terwyl dit onderweg was van Madrid na Granada vir ’n kunsuitstalling.
Maroela Media berig die olie-op-doek-skildery, Stillewe met Kitaar, met ’n geskatte waarde van ongeveer R12 miljoen, sou verlede week by ’n uitstalling van die CajaGranada-stigting vertoon word.
Volgens die stigting kom al die kunswerke in die uitstalling uit privaat versamelings.
Bronne by die nasionale polisie het bevestig dat die skildery se verdwyning ondersoek word, maar wou weens vertroulikheidsreëls geen verdere besonderhede verskaf nie.

Comments