top of page

‘n Pitbull val ‘n tiener-meisie aan

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 5
  • 1 min read

‘n Tienjarige meisie is erg beseer toe ‘n pitbull haar aangeval het. Die Noord-kaapse meisie is in ‘n hospitaal in Kimberley opgeneem, terwyl die hond deur die Dierebeskermingsvereniging verwyder is. ‘n Saak van nalatigheid ingevolge die Wet op Diereaangeleenthede, word teen die eienaar ondersoek, wat moontlik boetes of tronkstraf behels. Die polisie versoek die publiek om nie grusame foto’s op sosiale media te deel nie en vra enigiemand met inligting om die Galeshewe-speurtak te kontak.

 
 
 

Comments


bottom of page