top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Plaaslike groentetuin voed skole en bejaardes

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 1
  • 1 min read

'n Gemeenskapsgroentetuin in Thaba Nchu voorsien nou elke maand honderde bossies spinasie aan plaaslike skole se voedingskemas en aan bejaardes in die gemeenskap.


Volgens inligting wat deur AfriForum gedeel is, lewer die Ikageng-tuin maandeliks 400 bossies spinasie aan twee skole, bejaardes en gestremdes.


Die projek is ses jaar gelede begin en word deur gemeenskapslede bestuur.


Deelnemers het ook 'n formele opleidingsprogram voltooi wat deur die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, die Universiteit van die Vrystaat en die Global University of Lifelong Learning aangebied is.


Die program fokus op praktiese vaardighede om gemeenskapslede te help om volhoubare landbou- en sakegeleenthede te ontwikkel.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page