top of page

'n Plaaslike hospitaal ervaar 'n tekort aan medisyne

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 16
  • 1 min read

Die Gateway-kliniek by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein ervaar 'n tekort aan medisyne. 'n Groot hoeveelheid klagtes hieroor is ook van ander Vrystaatse gemeenskappe ontvang.


Nova News berig die krisis het dienslewering in die provinsie se openbare gesondheidsektor 'n ernstige knou gegee.


Die mediese depot, wat dien as sentrale verspreidingspunt, het strukturele uitdagings ervaar nadat die plafon in November 2025 inmekaar gesak het. Die depot is gesluit aangesien toestande onveilig was, wat medisynevoorsiening verder belemmer het.


Daarmee saam skets die provinsiale gesondheidsdepartement se verslae vir die eerste kwartaal 'n swak prentjie, ten spyte van die LUR se versekering tydens die begrotingsrede dat daar genoeg fondse vir medisyne-aankope is.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page