top of page

'n Plaaslike maatskappy bereik 'n besonderse mynbou-mylpaal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 14
  • 1 min read

'n Suid-Afrikaanse maatskappy het 'n mylpaal bereik by ’n nuwe proefaanleg in Johannesburg wat skaars aardmetale uit fosfogips ontgin en verwerk.


Netwerk24 berig Rainbow Rare Earths, wat op Londen se FTSE-beurs genoteer is, meen dit bied Suid-Afrika ’n gulde geleentheid om moontlik ’n toekomstige sleutelrol in die wêreldwye voorsieningsketting vir elektriese voertuie en hernubare energie te speel. Wat die projek besonders maak, is dat Rainbow seldsame aardmetale uit fosfogips, ’n afvalproduk van fosforsuurvervaardiging, ontgin, eerder as met tradisionele mynbou.


Boonop het Rainbow Rare Earths reeds steun van die Amerikaanse Internasionale Ontwikkelingsfinansieringskorporasie (DFC) ontvang vir projekfinansiering. Die maatskappy sê die DFC se ondersteuning is deel van pogings om veiliger voorsieningskettings te ontwikkel.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page