top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Plaaslike polisiesersant is in botsing oorlede

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13
1 min read

’n Polisiesersant is oorlede nadat ’n polisievoertuig op die N8 tussen Bloemfontein en Botshabelo in ’n botsing betrokke was.


Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het lede van die Bloemspruit-gemeenskapsdienssentrum in die vroeë oggendure ’n klagte ontvang en patrollievoertuie is uitgestuur.


Twee ander voertuie, een van die Kopanong- en een van die Heidedal-polisiekantore, het as rugsteun by die patrollie aangesluit.


Die voertuie het in ’n konvooi naby Sannaspos in ’n oostelike rigting gery toe ’n voertuig wat glo uit die rigting van Botshabelo gekom het, sy baan verlaat het.


Dit het die eerste polisievoertuig se truspieël getref, waarna dit met die derde voertuig reg van voor gebots het.


Die polisiesersant is op die toneel dood verklaar, terwyl ’n ander sersant met beserings hospitaal toe geneem is.


’n Saak van strafbare manslag is geopen en word verder ondersoek.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page