'n Plaaslike skool stel sy 15e hoof aan

Grey Kollege Sekondêr het sy nuwe skoolhoof aangekondig.
Jurie Geldenhuys sal vanaf 1 Januarie 2027 die leisels oorneem, en sal die 15de skoolhoof sedert 1855 wees.
Sy aanstelling volg nadat die huidige skoolhoof, Braam van Wyk, vroeër vanjaar aangekondig het dat hy aan die einde van die jaar aftree. Geldenhuys is sedert 2015 die skoolhoof van Grey-kollege se laerskool.
Volgens 'n verklaring sê die voorsitter van Grey-kollege se beheerliggaam, Jan Harm Greyling, volhoubare leierskap en kontinuïteit vorm ’n brug tussen Grey se ryke opvoedkundige geskiedenis van meer as 170 jaar en die skool se toekoms.
Hy sê Geldenhuys se aanstelling is ’n belangrike stap in hierdie rigting.
Greyling sê die beheerliggaam het groot waardering vir die wyse waarop die Vrystaatse Departement van Onderwys die proses hanteer het.









Comments