top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Polisie-aanranding is op video vasgevang

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8, 2025
1 min read

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle 'n vroulike polisiebeampte in Kimberley aangerand het.


Die aanranding is op video vasgevang, en het sedert die voorval wyd op die internet en sosiale media versprei.


Times Live berig in die video kan gesien word hoe die beampte aangeval word terwyl sy misdaadvorkomingspligte buite 'n gemerkte polisievoertuig uitgevoer het.


Die twee mans word aangekla van die aanranding van 'n polisiebeampte en dwarsboming van die gereg.


'n Polisieverklaring sê die beampte het ligte beserings opgedoen en ontvang tans berading.


FOTO: News24
FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page