‘n Polisiebeampte bly in aanhouding na ‘n gewapende roof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
’n Polisiebeampte is onder sewe verdagtes wat in aanhouding bly ná ’n gewapende roof by ’n Shoprite-winkel in die Vrystaat.
Volgens die polisie sluit die groep ook winkelwerknemers en nog twee mense in.
Nova News berig die verdagtes het Maandag in die landdroshof in Ladybrand verskyn en staan tereg op aanklagte van gewapende roof.
Die saak is uitgestel tot 20 April vir ’n borgtogaansoek.
Owerhede sê die verdagtes het glo met kontant en selfone gevlug, terwyl die wegkomvoertuig kort ná die voorval opgespoor is.
Polisie soek steeds na nog drie verdagtes wat glo by die roof betrokke was.








Comments