‘n Polisiebeampte is op TikTok blootgelê vir beweerde korrupsie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Gautengse polisiebeampte is op kamera betrap waar hy na bewering ’n lid van die publiek vir ’n omkoopgeld vra terwyl hy in volle uniform is.
IOL berig die TikTok-beeldmateriaal word nou wyd op sosiale media gedeel. Dit het vinnige optrede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontlok, wat bevestig het dat die beampte reeds geïdentifiseer is en dat die saak ondersoek word.
Die polisie sê ‘n saak van korrupsie is vir onmiddellike ondersoek deur die Provinsiale Anti-Korrupsie-eenheid geregistreer, en ’n departementele saak is ook teen hom ingestel.
Voorts sê die SAPD hy handhaaf ’n nulverdraagsaamheidsbenadering teenoor korrupsie. Die aanvaarding of versoeking van ’n omkoopgeld is ’n kriminele oortreding en ’n ernstige skending van die SAPD se gedragskode.








Comments