top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Polisiebeampte met skietwond in Universitas gevind

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 27, 2024
  • 1 min read

‘n Vroulike polisiebeampte is op die toneel dood verklaar toe nooddienste haar in haar voertuig, geparkeer in Universitas, aangetref het. Die 27-jarige slagoffer het ’n skietwond aan haar kop gehad waar sy in die bestuurdersitplek van die voertuig gesit het.Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het aan Rosestad Nuus bevestig ’n geregtelike doodondersoek is geopen. Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Baile Motswenyane, sê dit is hartseer vir die organisasie om enige lid te verloor. Hulle moedig lede aan om die Werknemergesondheids- en Welstanddienste te gebruik wanneer hulle uitdagings in hul persoonlike lewe ervaar.

 
 
 

Comments


bottom of page