’n Polisiekaptein kry ‘n jaar se salaris ná onbillike diskriminasie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Polisiekaptein gaan ’n jaar se salaris as vergoeding ontvang omdat die polisie onbillik teen haar gediskrimineer het deur haar nie tot luitenant-kolonel te bevorder nie.
Netwerk24 berig ten spyte daarvan dat kaptein Natasha Steyn met 82,66% die beste in die onderhoudsproses gevaar het, en die Valke se provinsiale paneel haar eenparig vir die pos aanbeveel het, is sy oorgeslaan.
Die rede wat die polisie hiervoor aangevoer het, was oorwegings wat met nasionale vereistes vir gelyke indiensneming – dus raskwotas – verband hou.
Rosestad-nuus se Riaan Schoeman verduidelik verder Solidariteit se Theunis van Staden beskryf Steyn se situasie as “skandalig”.
LUISTER HIER:
Riaan Schoeman








Comments