top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Polisielid se skerp optrede lei tot 'n kollega se skuldigbevinding

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 23
  • 1 min read

Die oplettendheid van 'n Welkomse polisiebeampte het daartoe gelei dat 'n voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens skuldig bevind is aan korrupsie en die aanvaarding van onbehoorlike voordeel.


Pitso Miya, wat as administratiewe klerk by die Welkom-polisiestasie gewerk het, het hom valslik as 'n aangewese drankbeheerbeampte voorgedoen en aan 'n slagoffer belowe dat hy teen betaling 'n dranklisensie vir hom sou reël. Toe die lisensie nooit uitgereik is nie, het die slagoffer die saak by die polisiestasie aangemeld.


Volgens 'n polisieverklaring het adjudant-offisier Vusimusi Ngomane begin vermoed dat nog mense slagoffers van Miya se wanvoorstellings kon wees, toe nader hy die Korporatiewe Kommunikasie- en Skakelkantoor om 'n mediaverklaring op te stel waarin moontlike slagoffers versoek is om hul sake by die polisiestasie aan te meld.


Altesaam agt klagstate is toe geopen.


Miya het ook geld van verskeie slagoffers ontvang nadat hy valslik belowe het om vir hulle werk by die SAPD te reël.


Hy is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page