'n Pragdorp se paaie gaan agteruit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Kommer is uitgespreek oor die toestand van Clarens in die Vrystaat se paaie.
Die dorp het hierdie naweek verhoogde verkeer ervaar tydens die Clarens Kunstefees, wat bykomende druk op paaie plaas wat reeds deur slaggate en oppervlakskade geraak is. Dit het motoriste gedwing om onveilig te bestuur om gevare te vermy.
Volgens inwoners hou die situasie risiko’s in vir beide bestuurders en voetgangers, veral gedurende spitstye. Swak infrastruktuur wek ook kommer oor die impak op toerisme en eiendomsbelegging in die gebied.
Die DA se Irene Rügheimer doen ‘n beroep op die Dihlabeng-munisipaliteit om dringend duidelike instandhoudingsplanne en tydlyne uiteen te sit om die probleem aan te spreek.
LUISTER HIER:








Comments