'n Pretoriase meisieskool kan steeds nie 'n rassisme-verslag sien nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die beheerliggaam van Pretoria High School for Girls kon weer nie daarin slaag om die veelbesproke verslag oor beweerde rassisme by dié skool onder oë te kry nie.
Maroela Media berig die aansoek om verlof tot appèl is in ʼn elektroniese uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria weer geweier.
Die hof het destyds bevind dit was nie gepas vir die beheerliggaam om die verslag deur middel van ʼn hofaansoek te bekom nie, en ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting sou ʼn meer gepaste roete wees. Gevolglik het die beheerliggaam ʼn aansoek gebring om verlof tot appèl teen dié bevinding.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik die verslag wat die beheerliggaam wil hê, is ʼn uitvloeisel van ʼn departementele ondersoek na bewerings van rassisme by die skool.
LUISTER:






Comments