top of page

‘n Psigiatriese pasiënt is in die hof vir brandstigting

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

‘n Psigiatriese pasiënt het glo die brand by die Paarl Provinsiale Hospitaal gestig.


Bloemnuus berig Morné Dampies het op aanklag van brandstigting in die Paarl-landdroshof verskyn.


Die staatsaanklaer het aangevoer dat Dampies se familie die staat ingelig het oor sy geestestoestand, en dat hy glo behandeling by die Paarl-hospitaal se psigiatriese eenheid ontvang.


Sy saak is tot volgende week uitgestel sodat die inligting bevestig kan word.


Dampies word daarvan beskuldig dat hy die brand begin het wat vroeër die week groot skade aan die hospitaal se buitepasiënt-afdeling veroorsaak het.


Drie voertuie wat naby die gebou geparkeer was, is ook in die brand vernietig.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News


Comments


bottom of page