top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n QwaQwa-man beland in 'n rivier nadat hy glo stemme hoor

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18
1 min read

’n Jong man van QwaQwa het van die Namahadi-rivierbrug in die rivier beland nadat hy na bewering stemme gehoor het.


Die Phuthaditjhaba-polisie se gemeenskapsdienssentrum het Saterdag ’n berig ontvang van ’n persoon wat in die water beland het. Volgens 'n polisieverklaring het die reddingspanne die jong man bewegingloos in die rivier gevind.


Hulle het hom veilig na die rivieroewer gebring, waar daar vasgestel is dat hy nie kon beweeg nie. Hy is daarna per ambulans na ’n plaaslike hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.


Die Vrystaatse provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Thabang Lesia, sê terwyl Geestesgesondheidsbewustheidsmaand in Oktober herdenk word, word 'n beroep op ouers, gesinne en familielede gedoen om na mekaar om te sien, veral na dié wat emosionele of sielkundige nood ervaar.


’n Jong man van QwaQwa het van die Namahadi-rivierbrug in die rivier beland. FOTO: X
’n Jong man van QwaQwa het van die Namahadi-rivierbrug in die rivier beland. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page