‘n Reeks misdade skok Bfn
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 6
- 1 min read
Drie afsonderlike gewelddadige voorvalle — insluitend twee moorde en ’n steekvoorval — wat die naweek in Bloemfontein plaasgevind het word ondersoek.
In Ferreira Hill, naby die South Park-begraafplaas, is die verkoolde liggaam van ’n onbekende man ontdek.
Die slagoffer, na raming tussen 20 en 25 jaar oud, kon nog nie geïdentifiseer word nie en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
In ’n tweede voorval in Willows is ’n 26-jarige man met ’n ernstige steekwond na die hospitaal geneem. Daar word vermoed die aanval hou verband met ’n langdurige konflik tussen twee bendes.
Sersant Mahlomola Kareli sê in ’n mediaverklaring nog ’n 19-jarige man is by woonstelle in Willows dood aangetref met verskeie steekwonde. Die motief vir dié moord is nog onbekend.
Die polisie doen ’n beroep op die publiek vir enige inligting wat kan help met die ondersoeke.








Comments