‘n Regter se kommentaar oor swart prokureurs se professionaliteit grens glo aan rassisme
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 6
- 1 min read
Volgens die Portefeuljekomitee oor Justisie grens regter Ratha Mokgoatlheng se uitlatings en opmerkings tydens die Senzo Meyiwa-moordverhoor aan rassisme. Hulle voeg by alhoewel hul begrip vir die regter se frustasie het, is die implikasie van professionaliteit gebaseer op ras onaanvaarbaar. Dit volg na Mokgoatlheng ‘n swart prokureur gekritiseer het omdat hy nie volgende week beskikbaar sal wees nie. Mokgoatlheng sê nie ‘n enkele wit advokaat sal vir die regter sê hy slaan hof oor omdat hy die vorige dag aan 'n sportaktiwiteit deel geneem het nie, en voeg by die prokureur moes vooraf reëlings getref het om sy verlof te verleng. LUISTER HIER:





Comments