'n Reksprong eindig in tragedie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 15
- 1 min read
'n Jong vrou is in Brasilië oorlede nadat 'n reksprong verkeerd geloop het toe 'n veiligheidskoord glo nie behoorlik aan haar tuig vasgemaak is nie.
Volgens IOL het die ongeluk die naweek by die Skeleton-brug in die deelstaat São Paulo plaasgevind.
Getuies het glo besef dat die hoofveiligheidskoord nie vas was nadat die vrou reeds van die brug afgespring het.
Videobeeldmateriaal wat op sosiale media die rondte doen, blyk die oomblik te wys toe omstanders waarskuwings geskree het nadat hulle die fout opgemerk het, maar dit was te laat om die val te voorkom.
Die 21-jarige Maria Rodrigues de Freitas het sowat 40m geval. Nooddienste is na die toneel ontbied, maar sy is later aan veelvuldige beserings oorlede.
Intussen berig Maroela Media dat drie mans in hegtenis geneem is.
Volgens die polisie word hulle van strafbare manslag aangekla nadat hulle glo bewus was van die lewensgevaar verbonde aan hul optrede, maar steeds daarmee voortgegaan het.








Comments