top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Renoster vertrap ‘n man

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 21, 2025
1 min read

’n Man is ernstig beseer nadat hy by ’n wildreservaat buite Pietermaritzburg, in KwaZulu-Natal, deur ’n renoster vertrap is. The Citizen berig Midlands Mediese Nooddienste se woordvoerder, Roland Robertson sê met hul aankoms het hul bemanning die man met ernstige beserings en in 'n kritieke toestand gevind. Dit is onduidelik hoekom die renoster die man aangeval het. Die aanval volg minder as week na twee vermeende renosterstropers in die Krugerwildtuin se Sabie Sands in Mpumalanga noodlottige gewond is. SABC News berig volgens die polisie het die park se veldwagers die twee stropers opgemerk en toe hulle genader is, het hulle op die veldwagters losgebrand. Twee jaggewere en 16 rondtes ammunisie is gevind.

 
 
 

Comments


bottom of page