‘n Renosterkalf veg ná ‘n stropery vir sy lewe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 30
- 1 min read
'n Vier maande oue renosterkalf ontvang intensiewe behandeling nadat stropers sy ma doodgeskiet en hom ernstig gewond het.
Volgens Nuusflits sê Baby Rhino Rescue die kalf, Elia, is in die bors geskiet nadat sy ma, Ella, vir haar horings gestroop is.
Die koeël het sy longe beskadig, maar geen lewensbelangrike organe of bene getref nie.
Elia word tans deur 'n toegewyde veeartsenykundige span behandel en toon volgens die organisasie geleidelik tekens van herstel.
Baby Rhino Rescue sê sy verhaal is ongelukkig nie uniek nie, aangesien verskeie renosterkalwers wees gelaat word wanneer hul moeders deur stropers doodgemaak word.
Die organisasie doen 'n beroep op die publiek om renosterbewaring te ondersteun.








Comments