'n Reservis se oproep is na 'n sosiale media-video beëindig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Dissiplinêre stappe is geneem teen 'n weermaglid wat onder die invloed van alkohol in sy uniform op sosiale media verskyn het.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het in ‘n mediaverklaring bevestig dat die betrokke lid 'n reservis was wat op daardie stadium in Pretoria gestasioneer was.
Sy aktiewe weermag-oproep is reeds met onmiddellike effek beëindig.
Volgens die weermag weerspieël die man se gedrag glad nie die waardes en dissipline wat van lede verwag word nie.
Die SANW waarsku dat hulle beslissend sal optree teen enige optrede wat die weermag se naam in die skande steek.








Comments