top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Rotsstorting eis ‘n mynwerker se lewe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 10, 2025
  • 1 min read

‘n Rotsstorting het die lewe van ‘n mynwerker by Aurous Resources se Blyvooruitzicht Goudmyn naby Carletonville geëis. Volgens The Citizen is verskeie ander mynwerkers ook beseer. Die rotsstorting by dié herbeginde ondergrondse goudmyn aan die Witwatersrand is vermoedelik deur 'n aardbewingveroorsaak wat enkele minute voor die voorval plaasgevind het. Volgens Volcano Discovery is ‘n aardbewing van 3,2 op die Richterskaal 16 km suidwes van Carletonville aangeteken. Een van die mynwerkers wat by die voorval betrokke was, is op die toneel oorlede en twee ander is in 'n ernstige toestand. Nog 12 mynwerkers het ernstige beserings opgedoen, maar is stabiel, en ses is vir geringe beserings indie Fountain Private Hospitaal behandel.

 
 
 

Comments


bottom of page