'n Russiese vliegtuig land vol in Upington, maar vertrek leeg vanaf Lanseria
- Ilde Roos
- Oct 6
- 1 min read
'n Russiese vragvliegtuig, wat weens verdagte vlugte op die Amerikaanse swartlys is, het met 'n vol vrag op die lughawe in Upington geland, maar toe dit later vir brandstof by Lanseria-lughawe gestop het, was dit leeg.
Volgens News24 is vrae dus geopper oor wat die vliegtuig vervoer het.
Die vliegtuig se laaste vlug wat op Flightradar24 sigbaar is, toon dat voordat dit via Dar es Salaam in Suid-Afrika geland het, dit geruime tyd in Iran was.
Die vliegtuig sou vooraf moes aansoek vanaf die Suid-Afrikaanse departement van vervoer doen om hier te mag vlieg. Die departement het nie op navrae hieroor gereageer nie.
Die vliegtuig behoort aan die Russiese redery, Abakan Air, wat op Amerika se swartlys is weens die vervoer van Russiese militêre toerusting.
Upington is dekades gelede gebruik om Suid-Afrika se kernkragwapens te toets, en die lughawe het een van die langste aanloopbane van 4 900 m om swaar gelaaide vragvlugte te akkommodeer.

Comments