'n Russiese vliegtuig stort neer en verloor al sy passassiers
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 24, 2025
- 1 min read
ʼn Passasiersvliegtuig het in Rusland se verre oostelike streek, Amoer, neergestort. Daar is in dié vroeë stadium geen teken van oorlewendes nie.
Maroela Media berig die vliegtuig was vandag vanaf die stad Blagoveshchensk na Tynda onderweg toe dit van die radar verdwyn het.
ʼn Reddingshelikopter het intussen die brandende romp van die vliegtuig op ʼn beboste berghelling sowat 16km vanaf Tynda opgemerk.
Volgens Vassily Orlov, goewerneur van die streek Amoer, het die vliegtuig ten tyde van die ongeluk 43 passasiers, waaronder vyf kinders en ses bemanningslede, aan boord gehad.
'n Reddingswerker sê die bosagtige terrein maak dit moeilik om by die toneel uit te kom. Die hoofsoektog vind vanuit die lug plaas.






Comments