top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Russiese walviskyker oorleef 67 dae op die see

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2024
1 min read

'n Russiese man, Mikhail Pichugin, het 67 dae op see rond gedryf met die liggame van sy ouer broer en sy broer se seun. Volgens Mail Online het die drie op 9 Augustus ’n walviskyk-ekspedisie begin, toe hul motor onklaar geraak het en hulle verder die see in dryf. Ná meer as twee maande op die stormagtige see, het kenners Mikhail se oorlewing as onverklaarbaar beskou. Die familie het van die afgeleë Shantar-eilande na Okha gereis toe ‘n ramp toeslaan. Na 67 dae is Mikhail byna 23 kilometer van Ust-Khairyuzovo gevind. Hy het 50 kg verloor, maar sy toestand is stabiel.Kenners verwys na sy oorlewing as 'n wonderwerk, veral omdat die boot verskeie storms oorleef het.Owerhede het ’n saak geopen oor moontlike skending van maritieme veiligheidswette.

 
 
 

Comments


bottom of page