'n SA komediant is oorlede
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 5
- 1 min read
Die bekende vermaaklikheidster Soli Philander is in die ouderdom van 65 oorlede.
Netwerk24 berig 'n nabye familievriend, Basheer Losper, het sy dood laat Woensdagaand bevestig. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie, alhoewel daar gerugte op sosiale media is dat hy aan kanker gely het.
Philander was bekend vir sy werk as akteur, regisseur, radio-omroeper, komediant en dramaturg. Hy is gebore as Silamour Philander, ’n naam wat hy aanvanklik gebruik het, maar hy het dit later na Soli verander. Hy het onder meer in televisiereekse soos Liriekeraai en The Diamond Hunters, asook in rolprente soos Kaalgat tussen die Daisies en Die Prins van Pretoria verskyn.
Huldeblyke vir Philander het laat Woensdagaand op Facebook begin instroom.








Comments