'n SA violis wen in Moskou
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse violis Naomi Tagg het die Kunstenaar van die Jaar – Suid-Afrika by die BraVo Internasionale Musiektoekennings in Moskou gewen.
Die geleentheid is by die Bolsjoi-teater gehou en het kunstenaars van regoor die wêreld aangebied.
Tagg het ook vir die eerste keer met ‘n volle orkes opgetree en haar eie verwerking van Isaac Albéniz se Asturias aangebied.
Sy het die oomblik beskryf as ‘n eer en ‘n trotse geleentheid om Suid-Afrika op ‘n wêreldverhoog te verteenwoordig.








Comments