'n SA vrou appelleer haar NZ moordskuldigbevinding
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die vrou wat skuldig bevind is aan die moord op haar drie dogters kort nadat die gesin van Suid-Afrika na Nieu-Seeland verhuis het, gaan haar skuldigbevinding appelleer. Lauren Dickason voer aan dat daar ’n regsmisgreep was.
IOL berig die appèl sal in Februarie 2027 aangehoor word, enkele maande voordat sy vir parool in aanmerking kom. Die saak het internasionaal opslae gemaak.
Dickason, ’n mediese dokter van beroep, is tot 18 jaar in ’n geestesgesondheidsfasiliteit gevonnis. Sy het onskuldig gepleit op aanklagte van moord op grond van ontoerekeningsvatbaarheid.
Tydens die verhoor het die hof gehoor dat Dickason bang was vir geweld en onrus in Suid-Afrika, en dat die gesin met ’n 9 mm-vuurwapen langs die bed geslaap het. ’n Vriendin het egter getuig dat Dickason gesê het hulle verhuis na Nieu-Seeland om aan hul dogters die avontuur van ’n leeftyd te gee.








Comments