’n Sand du Plessis-onderwyseres stap die ekstra myl
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
’n Onderwyseres van Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein is vereer vir haar uitstaande diens in die Mangaung Metro Onderwysdistrik.
Lorna Macpherson het ’n sertifikaat ontvang vir haar diens gedurende die 2025-akademiese jaar.
Die skool sê op sosiale media haar toewyding en bereidwilligheid om die ekstra myl te stap, het ’n betekenisvolle verskil aan leerders en mede-opvoeders gemaak.
Macpherson is ook as ’n hoofonderwyser vir 2026 aangestel, waar sy vakonderwysspesialiste en leerders regoor die distrik sal ondersteun.








Comments