‘n SAUK-joernalis is as voorsorgmaatreël geskors
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Die SAUK het een van sy joernaliste voorlopig geskors ná bewerings wat tydens die Madlanga-kommissie van ondersoek na vore gekom het.
Maroela Media berig daar word beweer dat Natasha Phiri ’n bekende blogger se selfoonnommer met sersant Fannie Nkosi gedeel het, waarna sy glo R500 ontvang het.
Nkosi, wat verbonde is aan die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad, het weer gister voor die kommissie getuig.
Die SAUK sê hy neem die bewerings ernstig op en het Phiri as ’n voorsorgmaatreël geskors terwyl die saak ondersoek word.
Die uitsaaier het bygevoeg dat werknemers verwag word om waardes soos vertroue, respek en integriteit te handhaaf.








Comments